Tuesday 24 January 2012

Dans met My

Ek het jou toegedraai in watte
en met dooie oë na jou gestaar
Kon nooit vind wat diep binne jou lê
So geheimsinnig soos 'n sluier
So morbied soos die donker..

Moet ek wonder- Is dit jy?
Wat skuil agter die deure van jou oë?

Wees tog kind as jy my lewenslus bewonder
Ek staan soekend langs jou
met die letsels van die lewe

Leef deur die wind wat die blare roer
as ek jou stem nie langer kan hoor
Sing vir my deur die riete
Gee my jou hand
Net 'n stukkie van jou
Die sout van jou trane
Die diepte van jou liefde

En...

Voor jou asem jou beveel om vir ewig stil te bly

Dans met my..

Janie Davel

3 Oktober 2010

No comments:

Post a Comment