Tuesday 24 January 2012

Donker Sluiers

Donker donker sluiers
Wat met gewigte jou emosies bly tap..

Jou hand skyn deur die gordyn van jou siel
Maar daar is niks om aan te raak nie
Ontoereikend
Onaangeraak deur liefde
So verniel deur die lewe
Ontvoer...

Jou stem agter glas
So dood soos jou jou oë
Kan jy sien hoe jy bloed uit jou are tap?
Weet jy wat jy doen?

Kyk  na die bloedspore
In die gange van jou hart
Hoe het alleenheid jou dan so verteer?
Wat lê so diep begrawe
Dat jy stukkend deur glas oë bly staar?

Janie Davel
20 November 2010

No comments:

Post a Comment