Tuesday 24 January 2012

Sterre of Ligte

Onder ligte of onder sterre..
Waar sal my talente leef?
Waar sal mense my die beste kan meet?

Ek lyk mos mooi met 'n spieêl in die hand
Almal moet wonder.. 
Ja, almal moet weet wat le soos gode in my kas

Ek moet mos alles toesmeer..
Ek wil jou met verlange nader trek
Tot jy smelt in my oë
en ek 'n lipstick merk uitlokkend op jou wang kan los

dan...

Passievol op jou mond..
En oor die lyne
Terwyl my gedagtes jou wese
soos 'n teiken skets

Ek  stap hier in
en almal kyk

Maar eintlik is ek leeg
Stil en leeg
Dalk word jy eendag wakker
met 'n lem dwarsdeur jou hart
Want hierdie porselein pop is eintlik stukkend

Ja, ek haal asem 
en hou vas aan my spieël
Maar my hart is tussen mens-wees en stomp gewete verdeel

Dit gee my geen vervulling om my lippe in te kleur
en onder 'n duisend ligte
growwe hande te moet keer

Hande wat wil voel en vat
want ja, dit lyk of ek myself bemark
en ek dink ek gee ook nie regtig om nie
want ek kan tog niks meer voel nie

Amper dood
maar tog geen asem nood

Ek is nie jou liefdes toevlug nie..

EK
IS
VERNIEL

Janie Davel 
                                                                            

No comments:

Post a Comment