Tuesday 24 January 2012

Woorde


 Stilte maak my seer..
Woorde soveel meer

Het jy nog bestaansreg?
Leef jy met gevoel?
Bloei jy..
Of het jy jou hartklop vir stilte verruil?

“Ag, jy weet ek’t nie bedoel wat ek sê nie!”

Maar

Jou hart is reeds verniel

Hoor alles
Sif alles
Beleef alles
En... tot die lemme dieper sny, oorleef alles

Hoe kan lewe en dood oor dieselfde tong gly?
Uit ‘n mond spoel en jou dors les
Of jou laat verdrink?

Wie sal verstaan hoe woorde verniel
As dit sonder grense jou woede weerspieël?

Janie Davel

No comments:

Post a Comment