Tuesday 24 January 2012

Lewe

Lewe is 'n teiken wat almal graag wil tref.
Elke hart vertel 'n dorre verhaal van seerky en 'n hunkering na soveel meer..

Lewe is water wat die siel se dors sal les.
Maar woorde is soms lemme wat die hart vir ewig kwes.

Ver en wyd gaan soek ek na vrede..
Leef ek dan nie meer?
Het ek êrens tussen wraak en bloed-spoor met my hart betaal?

Bloeisels kleur die strate in.
Selfs 'n reuk aan elke blaar.
Maar die mens het tog 'n keuse en dit is die gevaar.

"Bly 'n rukkie langer," smeek die eensaamheid vanaand.
Die hande van eensaamheid is dood. Geen gevoel..
Geen teken van lewe.

'n Dowwe beeld van more.
Jou skerp woorde op my spieël geskryf..

Die hart bly die mees kwesbare skepping.
Jou woorde 'n lem met bloed bevlek.

Janie Davel
27 Mei 2010

No comments:

Post a Comment