Tuesday 24 January 2012

Hartseer

In besige strate loop hartseer alleen
In beddens le dit saans verbloem
want daar is niks waarin hartseer kan roem

Dit skuil tussen berge
Word vermom tussen mense
Kry soms ‘n stem wat bewe
Wat stry teen wat dit aan jou doen

Waar  verkragting liefde is,
is hartseer geen verweer
Is dit so diep gewortel dat dit jou wese beheer

As jy lag sal niemand weet hoe jy verniel is,
wonder of jy ooit weer heel sal wees

Soggens maak jou seer jou wakker
Dwing dit jou genadeloos om trane te keer
Wat doen jy as jy voel jy kan nie meer?

Want almal het ‘n hart met onbeheerste emosies-
Woede
Veragting
Seer
en haat

Elke hart wil deel, wil praat
Wil die seer van die verlede beter maak
Elke hart wil liefde smaak

Elkeen leef met sy eie stem
Sy eie keuses
Sy eie kuns van oorlewing

Want jy haal asem
Jy leef maar in wese is jy dood
want niemand hoor jou hart se nood

Jou wonde toegesmeer
maar die sout van jou trane drip deur die seer

Janie Davel
6 Maart 2011


No comments:

Post a Comment